Wednesday, 11 May 2016

Eksamen voorbereiding

Liewe Matriek,




Ons help jou graag leer en wens jou sterkte toe met die eksamen wat voorlê. Die volgende video mag jou dalk goeie wenke gee en jou inspireer vir die rowwe tyd wat wag.

LEKKER LEER

Lekker Leer!
Juffrou de Koker en Juffou Louw

Prakties: Geregte met maalvleis

Liewe Matriek,



Hier is 'n paar praktiese wenke vir die opkomende prakties waar jy gaan Lasagne voorberei. 
Onthou asb. om jou resep vooraf na te gaan en jou beplanning deeglik te doen.

Volg die volgende skakel en sien hoe 'n klassieke witsous te maak.
https://www.youtube.com/watch?v=HWRQgdMhE5w

GroeteJuffrou de Koker en Juffrou Louw

Intressante video vir die week.

Liewe matriek


Volg die volgende skakel en maak 'n opsomming in jou werkboek van die video vir jou volgende klas.

Die video handel oor die maak van 'n denim.
https://www.youtube.com/watch?v=C8vA0UwLS70


Groete Juffrou Louw en Juffrou de Koker


Aanlyn opdrag: Behuising



Liewe Matriek,



Die volgende behuising opdrag moet ingehandig word in kwartaal 3 week 4.

Die Smith-gesin bestaan uit Mnr. Smith, Mev. Smith en hul twee kleuters ( Jan 3jaar oud en Karla 4jaar oud) en trek in ʼn nuwe huis in. Daar is sekere vereistes waaraan die huis moet voldoen.


Hulle behoeftes volg:

· Daar moet ʼn gemaklike leefarea wees,

· Die kombuis moet groot wees,

· Die hoofslaapkamer moet sy eie badkamer hê

· Die kinders moet elkeen hulle eie kamer hê,

· Die kombuis moet ʼn opwas area hê met ʼn tuimeldroër, wasmasjien en skottelgoedwasser.

· Die huis moet eenverdieping wees.



Die volgende skakel moet gebruik word om die huis te ontwerp:

Neem 'n "screenshot" en E-pos dit aan Juffrou Louw of Juffrou de Koker

GroeteJuffrou Louw en Juffrou de Koker



Tuesday, 10 May 2016

Week1 Huiswerk


Liewe Matriek,



Week 1:


Ons behandel...

Entrepreneurskap!


Jou huiswerk sal wees om navorsing te doen in jou gemeenskap en ʼn gaping of aanvraag in die mark te identifiseer. Enige produk of diens waaraan daar ʼn tekort is in jou gemeenskap.

Beskryf in jou werkboek hoe jy jou entrepreneurs eienskappe sal gebruik om die behoefte in die gemeenskap te bevredig.

Die huiswerk sal Vrydag gemerk word.

Moet asb. nie meer as ʼn halwe bladsy skryf nie

Wees kreatief, ons gee jou vrye teëls!




Groete Juffrou Louw en Juffrou de Koker

Uitstappie 2016


Liewe Matriek,


Ons herinner jou graag van die jaarlikse uitstappie!

Hierdie jaar besoek ons Kamers vol Geskenke. Die uitstappie sal plaasvind 22 April 2016 by St John’s College, Houghton, Johannesburg. 



Die bus vertrek om 8uur van die skool af. Onthou jou getekende vrywaringsvorm. Geen leerder mag op die bus klim sonder toestemming van hul ouer of voog nie. 


Maak seker jy onthou om R70 voor die 15 April 2016 vir Juffrou de Koker te gee. Die kostes is R50 vir toegang en R20 vir vervoer.

Die volgende skakel sal vir jou meer inligting gee oor die uitstappie: http://kamersvol.com/events/kamers-joburg/

Ons sien baie uit om die dag saam met jou te spandeer.


Groete
Juffrou de Koker en Juffrou Louw.

glo in jouself


Welkom Matrieks

Liewe Matrieks, 


Hoop julle het die vakansie deur en deur geniet en is gereed vir jaar propvol nuwe inligting, uitdagings en baie pret!

Die blog is vir julle gestig om te dien as 'n hulpmiddel wat julle kan gebruik vir verbruikerstudies 2016. 

Die jaar wat voorlê is die laaste jaar van skool vir jou. Maak die beste daarvan.

As daar enige onsekerheid is kan julle vir Juffrou Louw of Juffrou de Koker kontak en ons sal met liefde julle help.



Juffrou Louw: louwkarolien@gmail.com

Juffrou de Koker: rozannedekoker@gmail.com













BAIE STERKTE!