Liewe Matriek,
Die volgende behuising opdrag moet ingehandig word in kwartaal 3 week 4.
Die Smith-gesin bestaan uit Mnr. Smith, Mev. Smith en hul twee kleuters ( Jan 3jaar oud en Karla 4jaar oud) en trek in ʼn nuwe huis in. Daar is sekere vereistes waaraan die huis moet voldoen.
Hulle behoeftes volg:
· Daar moet ʼn gemaklike leefarea wees,
· Die kombuis moet groot wees,
· Die hoofslaapkamer moet sy eie badkamer hê
· Die kinders moet elkeen hulle eie kamer hê,
· Die kombuis moet ʼn opwas area hê met ʼn tuimeldroër, wasmasjien en skottelgoedwasser.
· Die huis moet eenverdieping wees.
Die volgende skakel moet gebruik word om die huis te ontwerp:
Neem 'n "screenshot" en E-pos dit aan Juffrou Louw of Juffrou de Koker
GroeteJuffrou Louw en Juffrou de Koker